Skip to content

Talle skole in Frankryk gesluit weens voortgesette leerderbetogings

# Sowat 500 hoërskole in Frankryk is vandag ten volle of gedeeltelik gesluit terwyl leerderbetogings voortduur. Die minister van Onderwys, Édouard Geffray, sê die sluitings is ‘n veiligheidsmaatreël terwyl verdere betogings môre beplan word. Die betogings het in September begin weens ‘n tekort aan onderwysers, oorvol klaskamers en swak-onderhoude skoolgeboue en sommige het gewelddadig geraak. Geffray sê 24 skole is aan die brand gesteek of geplunder en minstens 170 leerders en 78 onderwysers beseer. Meer as vyf-duisend mense is in hegtenis geneem, waarvan die meeste tieners is.