# Die GOOD-party is bekommerd oor die toestand van openbare ontspanningsruimtes in munisipaliteite in aanloop tot die munisipale verkiesing in November. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê swak instandhouding van parke en openbare geriewe ontneem gemeenskappe van veilige ontspannings- en sportgeriewe. Herron sê kinders se speelgeriewe verroes in rioolwater wat nie wegvloei nie. Hy sê sportvelde en sokkerterreine word verwaarloos en sommige klubhuise is in brande beskadig, maar steeds nie herstel nie. Herron vra dat hierdie openbare ruimtes opgeknap en herstel word.
GOOD-party bekommerd oor openbare ruimtes