# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê voorbereidings vir die 4 November-plaaslike regeringsverkiesing is op koers, met nog vier weke voor kiesers stembus toe gaan. Hy sê die oorblywende tydperk is uiters belangrik en die regering werk saam met verskeie departemente om te verseker die proses verloop vreedsaam en geloofwaardig. Hlabisa sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal ook weervooruitsigte verskaf omdat stemdag met die somerreënseisoen en ‘n ontwikkelende El Niño-verskynsel saamval:
Hlabisa sê voorbereidings vir plaaslike regeringsverkiesing is op koers [KLANK]
ENG-HlabisaOnElections