Skip to content

Gholf: Cole Stevens neem voortou in derde ronde van Limpopo-kampioenskap

# Gholf: Die nuweling op die Sonskyn-toer, Cole Stevens van Suid-Afrika, het ‘n voorsprong van drie houe geneem in vandag se derde ronde van die Limpopo-kampioenskap op die Euphoria Gholf- en Leefstyl-landgoed. Stevens het ‘n brouhou-vrye ronde van ses onder baansyfer 65 aangeteken om tot op 12 onder baansyfer te vorder. Jacques Blaauw is tweede op nege onder baansyfer ná 69, met die Fransman Pierre Viallaneix derde op agt onder baansyfer nadat hy 65 aangeteken het. Ethan Smith, Tyran Snyders, Kyle Barker en Oliver Goldhill deel die vierde plek op ses onder baansyfer. Die toernooi eindig môre.