# Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê beduidende vordering is gemaak in die stryd teen bedrog en korrupsie in die grens- en immigrasiesektor. Masiapato het op die OR Tambo Internasionale Lughawe gesê die owerheid het 57 dissiplinêre sake hanteer tussen Julie en September. Altesaam 17 amptenare is afgedank, twee het laaste waarskuwings ontvang en een is sonder betaling geskors. Drie-en-dertig sake is steeds hangende. Die Departement van Binnelandse Sake het 42 gevalle van wangedrag afgehandel:
Grensbestuur bevestig meer as 50 dissiplinêre sake in laaste kwartaal [KLANK]
ENG-MasiapatoOnOfficials