Nuus 18:00
BULLETIN 2 Oktober 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# OKOSA stel weer ondersoek in na die bekostigbaarheid van die telekommunikasie-dienste
# Die DA waarsku oor onbewaakte krag- en waterinfrastruktuur in Tshwane
# En, sokker: Lionel Messi verkry die meerderheidsbelang in ‘n tweede Spaanse klub
# Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika het sy ondersoek na die bekostigbaarheid van telekommunikasiedienste herbekendgestel. Dit sal stem- en datakoste ondersoek, veral vir lae-inkomste huishoudings, landelike gemeenskappe, jongmense en informele werkers. OKOSA sê bekostigbaarheid bly ‘n hindernis vir digitale insluiting ten spyte van uitgebreide netwerkdekking. Die ondersoek sal bedryfsdata, verbruikersopnames, openbare kommentaar en verhore insluit. Intussen daag Vodacom en MTN die OKOSA-regulasies uit wat daarop gemik is om te verhoed dat verbruikers ongebruikte data verloor en onverwagte buite-bondelkoste in die gesig staar.
The Independent Communications Authority of South Africa has relaunched its inquiry into the affordability of telecommunications services. It will examine voice and data costs, particularly for low-income households, rural communities, young people and informal workers. ICASA says affordability remains a barrier to digital inclusion despite expanded network coverage. The inquiry will include industry data, consumer surveys, public comments and hearings. Meanwhile, Vodacom and MTN are challenging ICASA regulations aimed at preventing consumers from losing unused data and facing unexpected out-of-bundle charges.
# Die DA sê van die water- en elektrisiteitsinfrastruktuur in Tshwane word nie meer beveilig nie na munisipale veiligheidskontrakte gister verstryk het nie. Die party vra die stad om dié terreine dringend te beveilig, veral terwyl Tshwane steeds worstel met kragprobleme ná skade aan die Njala-toevoerstasie. Die DA-lid, Cilliers Brink, sê inwoners en privaat veiligheidsondernemings kan nie verantwoordelik gehou word vir die beskerming van munisipale infrastruktuur nie. Hy sê dit is die stad se plig om te verseker noodsaaklike infrastruktuur word beveilig:
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sê aansienlike vordering is gemaak met die bou van die Ntabelanga-dam in die Oos-Kaap. Die dam is deel van die Umzimvubu-waterprojek, wat saam met die Laleni- en Mbokazi-dam, miljarde rande beloop. Majodina sê die regering kon aanvanklik sowat nege-miljard-rand bekostig, wat ‘n herontwerp van die projek genoodsaak het. Sy sê konstruksiewerk het sedertdien gevorder, toegangsinfrastruktuur is verbeter en daar word tans gewerk aan ‘n afsluitdam en die herleiding van die rivier:
# Vrag is besig om by Pakistan se hoofhawe in Karachi op te hoop terwyl vragmotorbestuurders weier om noord te ry uit vrees dat hul voertuie en houers gekonfiskeer sal word vir versperrings rondom Islamabad. Die polisie het in September meer as tweeduisend voertuie gekonfiskeer, waarvan baie steeds vrag vervoer. Die ontwrigting kom voor ‘n optog wat vir 4 Oktober beplan word deur ondersteuners van die voormalige eerste minister Imran Khan, om sy vrylating uit die tronk te eis. Vervoerders sê roetes na Islamabad en verskeie ander stede word geraak, terwyl daaglikse bergingskoste op gekonfiskeerde houers 40-duisend Pakistanse roepees kan bereik.
# Sokker: Nog ‘n Spaanse klub behoort nou aan die Argentynse held Lionel Messi. Hy het die meerderheidsbelang van die tweedeliga-span CD Eldense bekom nadat hy vroeër in UE Cornellà belê het. Die 39-jarige Messi, wat verlede maand uit internasionale sokker getree het, speel steeds vir die Amerikaanse klub Inter Miami. Hy het Eldense se aandele by ‘n Colombiaanse beleggingsgroep gekoop. Eldense, wat in 1921 gestig is, meld op sy webblad dat Messi se betrokkenheid die begin van ‘n nuwe en opwindende hoofstuk in die klub se eeu-oue geskiedenis inlui.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-58-sent teen die dollar, 18-rand-70-sent teen die euro en 21-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 86-duisend-657-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-189-dollar-82-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 102-dollar-80-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….