# Sowat 400 skole en ander opvoedkundige instellings in Frankryk sal na verwagting vandag gesluit bly met leerderbetogings oor onderwysertekorte en vervalle skoolgeboue wat in sekere gebiede gewelddadig geraak het. Die betogings het verlede maand in die Parys-omgewing en landwyd versprei. Tientalle mense is beseer en die polisie het reeds honderde in hegtenis geneem. Betogers het gister twee hoërskole in Marseille aan die brand gesteek terwyl petrol in ‘n ander skool daar per ongeluk op onderwysers beland het. Die polisie en jeugdiges in Toulouse het ook slaags geraak.
Ongeveer 400 Franse skole gesluit weens gewelddadige betogings