Skip to content

Sokker: Lionel Messi verkry meerderheidsbelang in tweede Spaanse klub

# Sokker: Nog ‘n Spaanse klub behoort nou aan die Argentynse held Lionel Messi. Hy het die meerderheidsbelang van die tweedeliga-span CD Eldense bekom nadat hy vroeër in UE Cornellà belê het. Die 39-jarige Messi, wat verlede maand uit internasionale sokker getree het, speel steeds vir die Amerikaanse klub Inter Miami. Hy het Eldense se aandele by ‘n Colombiaanse beleggingsgroep gekoop. Eldense, wat in 1921 gestig is, meld op sy webblad dat Messi se betrokkenheid die begin van ‘n nuwe en opwindende hoofstuk in die klub se eeu-oue geskiedenis inlui.