# Krieket: Die ervare plaaslike spelers Faf du Plessis, Rassie van der Dussen en Wiaan Mulder is beskikbaar op volgende week se veiling vir SA20 se vyfde seisoen. Honderd-56 spelers is op die kortlys nadat 789 aansoeke ontvang is. Vyf-en-negentig Suid-Afrikaners en 61 oorsese spelers is beskikbaar vir vier spanne. Durban’s Super Giants en Paarl Royals het reeds hulle groepe van 19 afgehandel en neem nie deel nie. Dewald Brevis het verlede jaar die rekord oortref vir die hoogste prys toe Pretoria Capitals hom vir 16,5-miljoen-rand gekoop het.
Krieket: 156 spelers te koop op veiling vir SA20 se vyfde seisoen