Skip to content

Wes-Kaapse Infrastruktuurdepartement sluit vyfjaar-KI-vennootskap [KLANK]

# Die Wes-Kaapse Department van Infrastruktuur het ‘n vyfjaar-ooreenkoms onderteken met die Forum vir Kunsmatige Intelligensie vir Ontwikkelende Lande in Genève om die verantwoordelike gebruik van kunsmatige intelligensie in infrastruktuurontwikkeling te bevorder. Die LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê die moontlike gebruik van KI sal ondersoek word vir infrastruktuurbeplanning, projekmonitering, besluitneming en om projekte beleggingsgereed te maak. Simmers sê die vennootskap sal ook fokus op verantwoordbare, mensgesentreerde KI en die ontwikkeling van plaaslike kundigheid:

AFR SimmersONAIPartnership