Skip to content

Ondersoek bevind byna 1 000 kinders in VSA deur Katolieke geestelikes misbruik

# ‘n Staatsondersoek in Massachusetts, VSA, het bewyse gevind van meer as 270 Katolieke geestelikes oor ‘n tydperk van ongeveer ‘n eeu byna een-duisend kinders in drie bisdomme misbruik het. Die kantoor van die prokureur-generaal sê die ondersoek dek die bisdomme van Fall River, Springfield en Worcester. Die verslag identifiseer 275 beskuldigde geestelikes en 944 slagoffers. Die bevindinge volg na ‘n staatsondersoek wat etlike jare gelede begin is en vertraag is deur regsake rondom die vrystelling van die verslag. Die ondersoek kyk na bewerings wat dekades terug strek en sluit gevalle in van geestelikes wat reeds oorlede is.