# Die adjunkminister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli, sê die Presidensiële Inisiatief vir Jeugindiensneming het tussen April en Junie 139-duisend-693 verdienstelike geleenthede vir jongmense verseker. Hiervan is 106-duisend deur SA Youth en 33-duisend-600 deur die Employment Services of South Africa-stelsel gefasiliteer. Die program help jongmense om van onderwys na die arbeidsmark te beweeg deur middel van indiensneming, werkplekervaring, vaardigheidsontwikkeling en ondersteuning van ondernemings. Sedert die bekendstelling in 2020 is meer as 2,6-miljoen tydelike verdienstelike geleenthede geskep. Die presidensie beklemtoon dit is nie permanente poste nie.
Adjunkminister sê SA Youth bereik 6-miljoen registrasies met jeugwerkskeppingsveldtog wat teikens oorskry