Skip to content

SADOU in KZN verwelkom 90-duisend toegekende, befondsde onderwyserposte

# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie in KwaZulu-Natal verwelkom die Onderwysdepartement se aankondiging van 90-duisend-en-57 onderwysersposte in die provinsie wat toegeken en befonds is. Nomarashiya Caluza van SADOU sê om poste te sny sou rampspoedig wees en die besluit dui op die wegbeweeg van besparingsmaatreëls soos begrotingsbesnoeiings en die bevriesing van vakante poste. Caluza is egter gekant teen ‘n vereiste dat die premier goedkeuring moet verleen voor poste gevul word. Die vakbond meen die bevoegdheid om aanstellings te maak moet aan distriksdirekteure toegewys word.