# Vier mense is dood in Russiese hommeltuig- en missielaanvalle op Kiëf en omstreke wat energie-infrastruktuur beskadig het. Oekraïense amptenare sê twee vroue en ‘n 14-jarige kind is dood, terwyl nog ‘n persoon dood is toe ‘n pakhuis in Kiëf getref is. Rusland sê hy het kragsentrales geteiken, asook ander aanlegte wat Oekraïne se militêre produksie ondersteun. Oekraïne se Lugmag sê hy het 155 van die 188 hommeltuie en vyf missiele onderskep. Kiëf was na die aanvalle in rook gehul terwyl nooddienste inwoners versoek het om hul vensters toe te hou.
Vier sterf in Russiese aanvalle op Oekraïne, energie-infrastruktuur beskadig