# Krieket: Die snelboulers Kagiso Rabada en Anrich Nortjé se fiksheid sal beoordeel word tydens die Proteas se oefenkamp voor die reeks van drie toetse teen Australië. Rabada keer terug nadat ‘n besering hom uit die eendagreeks gehou het, terwyl Nortjé die afgelope drie jaar met ernstige beserings gesukkel het. Albei is in die voorlopige toetsgroep ingesluit, maar afrigter Shukri Conrad sê hy is nog nie seker of Nortjé die harde werk van ‘n toets sal kan hanteer nie. Die eerste wedstryd begin volgende Vrydag in Durban.
Krieket: Rabada en Nortjé se fiksheid bepaal voor toetsreeks teen Australië