Skip to content

Dele van Tshwane sonder krag ná ontploffing by Waltloo-substasie [KLANK]

# Die Stad Tshwane sê ‘n kragonderbreking raak verskeie gebiede ná ‘n ontploffing en brand by die Waltloo-substasie vanoggend. Die voorval het veroorsaak dat die Njala-toevoersubstasie buite werking is, wat die kragtoevoer na verskeie gebiede ontwrig, insluitend Mamelodi, Lynnwood, Villieria, Wapadrand, Mooikloof en Koedoespoort. Die stad se woordvoerder, Lindela Mashigo, vra inwoners om weg te bly van die substasie en elektriese toestelle af te skakel tot die kragtoevoer veilig herstel is:

ENG MashigoOnWaltlooSubstation