# Suid-Korea sê Noord-Koreaanse landmyne het verlede week se ontploffing in die neutrale sone veroorsaak waarin drie Suid-Koreaanse soldate beseer is. Die minister van Verdediging, Kang Shin-chul, sê dit was ‘n duidelike skending van die wapenstilstand wat die Koreaanse Oorlog beëindig het. ‘n Gesamentlike ondersoek deur Suid-Korea en die Verenigde Nasies se bevelsgroep het nog ‘n Noord-Koreaanse landmyn gevind. President Lee Jae Myung probeer om die Noorde terug te bring na dialoog nadat Pyongyang die Suide tot ‘n vyandelike staat verklaar en sy doelwit van vreedsame hereniging laat vaar het.
Noord-Koreaanse landmyne kry skuld vir ontploffing in neutrale sone