# Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid gaan vandag politieke verkiesingsuitsaai-gleuwe toeken in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Dit word gedoen om billike toegang tot die uitsaai-lugruim te verseker. Die toewysing volg op die ontvangs van die finale kandidatelys van die Verkiesingskommissie en sal geskied ingevolge die Uitsaairegulasies vir Munisipale Verkiesings. Die politieke uitsendings is gratis en partye is self verantwoordelik vir hul eie materiaal. Altesaam 546 partye en 142-duisend-en-72 kandidate sal om tien-duisend-526 setels meeding.
Owerheid ken uitsaaigleuwe toe met 546 partye wat aan die plaaslike regeringsverkiesing deelneem