Skip to content

Verdagte in Limpopo in hegtenis geneem vir die moord op ‘n vrou van Tembisa [KLANK]

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het die Gautengse polisie geprys vir die vinnige inhegtenisneming van ‘n verdagte wat verbind word met die moord op ‘n vrou wie se liggaam gister by die Mooifontein-begraafplaas in Tembisa, Ekurhuleni, gevind is. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die verdagte het ná die moord na Tzaneen in Limpopo gevlug, waar die polisie hom gisteraand in hegtenis geneem het. Sy sê die polisie sal voortgaan om vrouemoordenaars en diegene verantwoordelik vir geslagsgeweld op te spoor en toe te sien dat hulle voor die howe gebring word:

ENG MatheONMurder