Rugby: Suid-Afrikaanse spanne het skoonskip gemaak in die openingsronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Leeus het die verdedigende kampioene, Leinster, met 27-26 op Ellis Park geklop, met Erich Cronjé wat twee van hul drie drieë gedruk het. Die Haaie het die Ospreys met 41-24 in Durban verslaan en vyf drieë gedruk, waaronder twee deur Luan Giliomee. Die Bulle het gisteraand die segetog voltooi met ‘n oorwinning van 47-13 oor Zebre Parma in Italië, waar hulle sewe drieë gedruk het. Vrydag het die Stormers vir Connacht met 29-15 in Galway geklop.
Rugby: SA Spanne maak skoonskip in eerste ronde van die VRK