Skip to content

City Power verskerp veiligheidsmaatreëls om diefstal en vandalisme by kragnetwerk te voorkom

# City Power sê hy verskerp veiligheidsmaatreëls om diefstal en vandalisme van elektrisiteit-infrastruktuur te bekamp. Dit volg nadat drie verdagtes die afgelope week in twee afsonderlike voorvalle in Lawley en Wes-Turffontein vasgetrek is. Die nutsdiens sê 148 verdagtes is tussen Januarie en September in hegtenis geneem weens vermeende peutery met elektriese infrastruktuur. In die 2024/2025-boekjaar is een-duisend-138 infrastruktuur-verwante voorvalle aangemeld teenoor een-duisend-54 in die 2025/26-boekjaar. City Power moedig gemeenskappe aan om verdagte gedrag aan te meld en nie vermeende misdadigers te konfronteer nie.