# ActionSA het die Verkiesingskommissie gevra om ondersoek in te stel na die beweerde verwydering van sy verkiesingsplakkate deur individue wat volgens die party deur die DA gehuur is of in hulle belang optree. Dit volg na ʼn video op X waar twee mense blykbaar ActionSA-plakkate verwyder en DA-plakkate opsit. ActionSA-voorsitter Michael Beaumont sê die kommissie moet die voorval ondersoek en die DA vra wat gebeur het. Hy sê die Verkiesingsgedragskode verbied die onwettige verwydering of beskadiging van verkiesingsplakkate.
ActionSA vra Verkiesingskommissie om beweerde verwydering van sy verkiesingsplakkate te ondersoek