# Die Verkiesingskommissie verwelkom die Verkiesingshof se besluit om die MK-party se uitdaging oor die integriteit van die verkiesinguitslagstelsel van die hand te wys. Die party het die stelsel vir die 2024-verkiesingsresultate betwis en wou hê die verkiesing moes as nie vry en regverdig verklaar word. Die OVK gaan nou ‘n onafhanklike oudit finaliseer, terwyl politieke partye die stelsel van 5 tot 12 Oktober, voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November, saam met hul kundiges kan toets.
MK-party se hofaansoek oor die verkiesinguitslagstelsel van die hand gewys