# Die Stad Johannesburg sê meer as een-miljard-rand se kwalifiserende munisipale skuldverligting is vir verwerking ingedien. Die verligting spruit voort uit meer as 18-duisend aansoeke wat teen die einde van Julie ontvang is vir uitstaande skuld van ongeveer twee-miljard-rand. Die grootste deel van die verligting is bestem vir begunstigdes van die uitgebreide maatskaplike pakket, residensiële kliënte en pensioenarisse. Die eerste groep verligtingsmaatreëls sal na verwagting teen die einde van hierdie maand op rekeninge gesien word. Aansoeke vir die skuldverligtingsprogram sluit op 31 Oktober.
Stad Johannesburg verwerk meer as R1-miljard vir skuldverligting