# Krieket: Die veteraan Protea-kolwer David Miller sê hulle gaan nie te ver vooruit kyk na volgende jaar se eendag-Wêreldbekertoernooi in Suider-Afrika nie. Die Proteas speel vandag in Durban die eerste van drie eendagwedstryde teen Australië. Miller sê hoewel plekke in die Wêreldbeker-span in hul koppe sal wees, gaan hulle eerder daarop fokus om hul ou vyand vir die sesde agtereenvolgende keer in ‘n eendagreeks te klop. Miller sê die reeks is uiters belangrik om te verseker dat Suid-Afrika steeds wenkrieket speel.
Krieket: Proteas wil Australië vir sesde agtereenvolgende keer in Eendagreeks klop