# Eerste minister Andy Burnham het die Verenigde Nasies meegedeel Brittanje is gereed om leiding te neem met internasionale pogings om kunsmatige intelligensie-standaarde te ontwikkel. Hy het op die Algemene Vergadering gewaarsku K-I kan vinniger as die nodige veiligheidsmaatreëls ontwikkel en ‘n gevaar inhou vir nasionale veiligheid. Burnham sê verkose regerings moet belangrike K-I-besluite neem en nie tegnologie-ondernemings nie. Burnham het planne aangekondig vir ‘n Nasionale Sentrum vir Inligtingsverdediging om vyandelike inligtingsaanvalle te bekamp en diep-namaaksels te identifiseer. Hy sê K-I sal volgende jaar sentraal staan tydens Brittanje se G20-voorsitterskap.
Britse eerste minister vra internasionale KI-standaarde