# Krieket: Die snelbouler Adam Milne keer na Nieu-Seeland se T20-groep terug na ‘n afwesigheid van langer as ‘n jaar. Hy is ingesluit in die groep vir volgende maand se tuisreeks teen Indië. Die 34-jarige is beseer nadat hy verlede jaar sy 56ste internasionale wedstryd gespeel het. Afrigter Rob Walter sê die opwindende jong veelsydige speler, Rachin Ravindra, gaan die T20-reeks weens ‘n besering misloop, maar kan reg wees vir die eendagreeks. Die toer begin op 22 Oktober en bestaan uit vyf T20s, vyf eendagwedstryde en twee toetse.
Krieket: Milne keer na ‘n jaar na Nieu-Seeland se T20-groep terug