Nuus 17:00
BULLETIN 22 September 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# RISE Mzansi vra vir ‘n etiese herstel in openbare sektor
# Die EFF fokus tydens taakspanvergadering op die herbou van die partystrukture
# En, sokker: afrigter, Pitso Mosimane sê Bafana kan leer uit die Springbokke se mededingendheid
# RISE Mzansi sê korrupsie steel van behoeftiges en ontneem gemeenskappe van openbare dienste en ekonomiese groei. Volgens parlementêre inligting is 103 korrupsiesake in 2025/26 teen staatsamptenare ingebring, met die Nasionale Vervolgingsgesag wat ‘n skuldigbevindingskoers van bo 86-persent het. Die gemiddelde tyd vir afhandeling het egter van 195- tot 562 dae gestyg, met tot 962 dae vir wetgewende sake. Woordvoerder Mabinda Seaba dring aan op leefstyloudits, en genoegsame hulpbronne vir die Valke:
# Die herbou van die EFF se partystrukture geniet voorkeur tydens sy sesde Sentrale Verkiesingstaakspan-vergadering in Sandton. Die party se adjunkpresident, Godrich Gardee, sê hul wil ook die party in KwaZulu-Natal versterk in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing. Gardee het aan die SABC gesê die party is tevrede met sy vordering en gereed vir 4 November, nadat die EFF weer op koers is ná die algemene verkiesing in 2024:
# Die Burgerlugvaart-owerheid ondersoek ‘n vliegongeluk op die Morningstar-vliegveld noord van Kaapstad. Die vlieënier en twee passassiers het oorleef toe die vliegtuig vanoggend kort na opstyging neergestort het. Hulle het net ligte kopbeserings opgedoen, en daarna hospitaal toe geneem vir waarneming. Die Piper Cherokee was op ‘n plesiervlug toe dit geval het. Dit sal na ‘n veilige plek geneem word terwyl die ondersoek voortduur.
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ’n besige dag op die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York, met die oorlog tussen Iran en Oekraïne hoog op die agenda. Trump sal die vergadering toespreek voor hy met meer as 11 wêreldleiers vergader, insluitend die Britse eerste minister Andy Burnham en die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky. Hy vergader ook met leiers van Golfstate en amptenare van Venezuela, Denemarke en Groenland. Zelensky sal na verwagting ‘n skietstistand oor energie-infrastruktuur tussen Rusland en Oekraïne probeer bewerkstellig.
# Sokker: Die Bafana Bafana-afrigter Pitso Mosimane sê die span kan by die Springbokke leer, wat sterk mededingend bly ongeag wie hulle teenstanders is. Mosimane sê die druk om plekke in die span kan die beste in spelers na vore bring en selfvoldaanheid voorkom. Bafana is besig met voorbereiding vir die 2027-Afrikabekertoernooi-kwalifiseringswedstryde teen Guinee en Eritrea. Mosimane beklemtoon die belangrikheid daarvan om ‘n duidelike roete vir junior nasionale spanne na Bafana Bafana te ontwikkel:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-22-sent teen die dollar, 18-rand-58-sent teen die euro en 21-rand-67-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 86-duisend-155-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-332-dollar-99-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 99-dollar-31-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….