# Tennis: Die jong Brasiliaan Joao Fonseco neem ‘n blaaskans om geestelik en fisies te herstel na ‘n gebeurtenisvolle seisoen. Die 20-jarige wêreld-nommer-28 word beskou as een van die belowendste jong talente. Hy sê ‘n reeks beserings het hom uit belangrike toernooie gehou en verhoed dat hy kon speel soos hy wou. Fonseca het die Amerikaanse Ope misgeloop weens pyn in die ingewande voor hy teruggekeer het om Brasilië te help om die Davisbeker-eindtoernooi te bereik. Hy gaan vanjaar se toernooie in Tokio, Japan, en Shanghai in China misloop.
Tennis: Fonseca neem ‘n blaaskans na gebeurtenisvolle seisoen