# Rampbestuurspanne in KwaZulu-Natal bly op hoë gereedheidsgrondslag te midde van ‘n vlak 6-weerwaarskuwing langs die kus. Swaar reën het geringe modderstortings in Tshelimnyama veroorsaak wat drie gesinne geraak het, terwyl klippe op die R33 in Umsinga geval het. Geen beserings of sterftes is aangemeld nie. Die woordvoerder van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Siboniso Mngadi, het inwoners gewaarsku om nie oorvol riviere oor te steek nie en onnodige reise te beperk, aangesien gladde paaie en swak lig gevaarlik kan wees:
KZN se rampbestuurspanne verskerp vloedmonitering te midde van vlak 6-waarskuwing [KLANK]
ENG MngadiOnHighAlert