# Rugby: Die opwindende jong veelsydige agterspeler Luan Giliomee gaan na verwagting volgende maand na Pretoria verhuis nadat hy ‘n kontrak met die Bulle gesluit het. Hy is tans nog op kontrak by die Haaie. Die Bulle se afrigter, Johan Ackermann, sê dit beteken die 19-jarige Suid-Afrikaanse Onder-20-ster, wat heelagter en losskakel kan speel, sal nie beskikbaar wees vir hulle eerste Verenigde Rugbykampioenskapstoets volgende Saterdag in Italië teen Zebre nie. Hy het ook bevestig die Bulle probeer die Springbokke Malcolm Marx en Kwagga Smith na Pretoria lok.
Rugby: Jong ster Giliomee verlaat die Haaie en sluit aan by die Bulle