# Oekraïnse amptenare sê minstens 26 mense, insluitend vier kinders, is oornag beseer tydens Russiese aanvalle op Kiëf, Odessa en ander streke. In Kiëf is 16 mense, onder wie twee kinders, gewond terwyl sewe mense, insluitend twee kinders, in Odessa beseer is nadat ‘n missiel ‘n woonstelgebou getref het. ‘n Man van 64 is in ‘n aanval in die Sumi-streek dood. ‘n Oekraïnse hommeltuigaanval het ook ‘n brand in ‘n olieraffinadery in die Jaroslafl-streek in Rusland veroorsaak, maar dis later geblus.
26 word beseer in Rusland se oornag-aanvalle op Oekraïne