# Rugby: Die Haaie se hoofafrigter, JP Pietersen, het ‘n groep van 67 spelers vir die 2026/27-seisoen van die Verengide Rugbykampioenskap aangekondig, voor die eerste wedstryde volgende naweek. Die groep van 67 bestaan uit 31 agterspelers en 36 voorspelers en skep ‘n balans tussen jeug en ervaring. Onder die spelers wat ingesluit is, tel die Springbokke Thomas du Toit, Andre Esterhuizen, Eben Etzebeth, Ethan Hooker, Ox Nche en Edwill van der Merwe, saam met ‘n groep opkomende spelers wat areeds in die Wêreld Rugby-juniorkampioenskap en die Curriebeker gespeel het.
Rugby: Haaie stel ’n 67-spelergroep vir VRK-seisoen bekend