# Voormalige lede van die Suid-Afrikaanse Weermag neem die Departement van Verdediging hof toe te midde van berigte dat duisende militêre pensioenarisse en hul gesinne vanaf November hul mediese dekking kan verloor. Die Mediese Voortsettingsfonds vir Lede van die Staandemag het glo gewaarsku hy kan nie langer eise uitbetaal nie omdat die fonds nie meer finansieel volhoubaar is nie. Afgetrede militêre personeel, gestremde veterane, weduwees en weeskinders kan geraak word. ‘n Woordvoerder, afgetrede generaal Les Rudman, sê die regstappe het ten doel om die regering se mediese verpligting teenoor voormalige weermaglede te beskerm.
SANW-afgetredenes neem Departement van Verdediging hof toe oor mediese dekking