# Die Stad Kaapstad sê hy het ongeveer 75-miljoen-rand bestee aan die herstel en vervanging van elektrisiteitsinfrastruktuur wat tydens die 2025/2026-boekjaar deur diefstal en vandalisme beskadig is. Die lid van die burgemeesterskomitee vir Energie, Xanthea Limberg, sê die geld kon gebruik gewees het om die elektrisiteitsnetwerk op te gradeer en uit te brei. Limberg sê onwettige aansluitings en kabeldiefstal plaas druk op die stad se hulpbronne. Sy het inwoners aangemoedig om vandalisme, diefstal en verdagte aktiwiteite aan te meld:
Stad Kaapstad verloor R75-miljoen aan vandalisme aan elektrisiteitsinfrastruktuur [KLANK]
ENG LimbergOnInfrastructureVandalism