Nuus 12:00
BULLETIN 15 September 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Sesde vrou se liggaam is in KwaThema ontdek
# Gemengde reaksie namate gestrande migrante in Durban instem om na Gauteng te verskuif
# En krieket: Engeland se afrigter Brendon McCullum glo die mentor Kevin Pietersen gaan die span nuwe lewe gee
# Die Gautengse polisie het bevestig die liggaam van ‘n sesde vrou is vanoggend aan die Oos-rand gevind. Die omstandighede rondom haar dood is nog onduidelik. Die jongste ontdekking in KwaThema volg op die dood van vyf vroue wie se liggame sedert Julie in Kemptonpark ontdek is, insluitend dié van ‘n vrou gister in Olifantsfontein. Sommige van die slagoffers is langs paaie gevind met tekens van aanranding. Adjunk nasionale polisiekommissaris, Tebello Mosikili, sê ondersoekers probeer vasstel of daar ‘n moontlike verband tussen die sterftes is.
Die Nasionale Skuilingbeweging sê intussen daar is ‘n dringende behoefte om die land se reeds oorvol netwerk van skuilings vir vroue en veilige ruimtes vir geslagsgeweld en vrouemoordslagoffers te verbeter. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling bied hierdie week die sesde Nasionale Skuiling-indaba in Benoni, Gauteng, aan om reaksies op die geslagsgeweld-krisis te versterk. Greer Schoeman van die beweging sê die skuilings-krisis kan nie van die breër geslagsgeweld-krisis geskei word nie:
# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy het steeds ‘n sterk saak teen die sewe beskuldigdes wat betrek word by ‘n elektrisiteitsbedrogspul van miljoene rand in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit in Gauteng. Die staat het hul borgtogaansoeke teengestaan, maar die Landdroshof in Vanderbijlpark het borgtog van 20-duisend-rand elk toegestaan. Die NVG sê die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van bedrog, die diefstal van elektrisiteit van sowat 9,9-miljoen-rand en ‘n verdere aanklag van bedrog en diefstal van 150-duisend-rand. Hulle word ook aangekla van geldwassery en die peutering aan noodsaaklike infrastruktuur.
# Die Departement van Binnelandse Sake sê 278 mense wat voor die vlugtelingkantoor in Durban in KwaZulu-Natal kamp, verskuif vandag na die Lindela-repatriasiesentrum in Krugersdorp, Gauteng. Die groep woon reeds drie maande in tente langs Che Guevaraweg nadat hul tydens teen-immigrasie-betogings gevlug het. Die besluit volg ná ‘n week van spanning met die March and March-beweging. Sekere migrante het ingestem om te verhuis uit vrees vir hul veiligheid en moeilike omstandighede. Vlugtelingleiers vergelyk Lindela egter met ‘n gevangenis.
# Krieket: Engeland se witbal-hoofafrigter, Brendon McCullum, hoop die gewese kaptein, Kevin Pietersen, se groot persoonlikheid en mededingingsgees sal die spelers aansteek. Pietersen het aangesluit as ‘n spesialis-mentor tot volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië. Hy het Sondag in Southampton by die span aangesluit voor die eerste van drie T20- en drie eendagwedstryde teen Sri Lanka, wat môre begin. McCullum sê Pietersen maak reeds ‘n reuse-verskil:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-32-sent teen die dollar, 18-rand-83-sent teen die euro en 21-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 76-duisend-748-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-273-dollar-64-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 109-dollar-19-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….