# Krieket: Die Protea-vroue kan vandag in Bulawayo die T20-reeks van vyf wedstryde teen Zimbabwe beklink. Suid-Afrika het Vrydag die eerste wedstryd met ses paaltjies gewen nadat Zimbabwe vir slegs 116 lopies uitgeknikker is. Anneke Bosch het daarna die besoekers se aanslag gelei en hulle het die teiken binne 14 boulbeurte bereik. In Sondag se tweede wedstryd het Suid-Afrika 193 vir drie aangeteken danksy 65 lopies van Bosch, en Zimbabwe is tot 129 vir sewe beperk nadat Seshnie Naidu drie paaltjies geneem het. Die voorlaaste wedstryd word Donderdag gespeel en die vyfde een Saterdag.
Krieket: Protea-vroue kan vandag die T20-reeks teen Zimbabwe beklink