Skip to content

Sokker: Vier Suid-Afrikaanse klubs deur na volgende rondes van Afrika-kompetisie

# Sokker: Suid-Afrika het vier klubs in die tweede ronde van die Afrika-klubkompetisie ná oorwinnings die afgelope naweek vir Orlando Pirates en Durban City. Die verdedigende Afrika-kampioene, Mamelodi Sundowns, en Kaizer Chiefs het reeds ‘n vrypas tot die tweede ronde gekry. Pirates LP, speel teen Namibië se African Stars, terwyl Sundowns in die Kampioeneliga teen Angola se Wiliete speel. In die Konfederasiebeker pak Chiefs die Zambiese Red Arrows, en Durban City kom teen die klub AS Port Louis 2000 uit Mauritius te staan. Die wedstryde in die tweede ronde sal bepaal watter spanne in November die groepfases bereik.