# Die DA sê Eskom se boubegrotings vir Medupi en Kusile weerspieël nie die volle koste vir Suid-Afrika nie. Hy sê die breër uitgawes wat met die projekte verband hou, moet ook in ag geneem word. Kevin Mileham van die DA sê Eskom se syfers toon goedgekeurde boubegrotings van 145-miljard-rand vir Medupi en 160,5-miljard-rand vir Kusile, met aangetekende uitgawes van onderskeidelik 131,1-miljard-rand en 155,5-miljard-rand. Mileham sê die goedgekeurde boubegrotings moet nie met die algehele koste van die twee projekte verwar word nie. Hy verlang besonderhede oor die bykomende uitgawes:
DA versoek Eskom om die werklike koste van Medupi en Kusile te openbaar [KLANK]
AFR MilehamONRealCost