Skip to content

Motorsport: Norris klop Antonelli naelskraap en spring eerste weg by die Spaanse Grand Prix

# Motorsport: Lando Norris het ‘n skitterende voorste wegspringplek vir die eerste Spaanse Grand Prix op F-1 se splinternuwe Madrid-renbaan behaal. Die McLaren-renjaer het ‘n skouspelagtige finale rondte afgelê om die kampioenskapleier en Mercedes-renjaer, Kimi Antonelli, met slegs 0,011-sekondes te klop. Max Verstappen van Red Bull is in die derde plek, gevolg deur Ferrari se Lewis Hamilton, met sy spanmaat Charles Leclerc in die vyfde plek, George Russell is sesde, Norris se spanmaat Oscar Piastri sewende en Verstappen se spanmaat Liam Lawson agtste.