Skip to content

Rugby: Naas Botha glo Springbokke het fisiese en sielkundige voordeel oor die All Blacks

# Rugby: Die Springbok-legende Naas Botha glo Suid-Afrika het ‘n fisiese én sielkundige voordeel oor die All Blacks voor die vierde en laaste toets in die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks, op die M&T Bank-stadion in Baltimore. Botha sê die Springbok-voorspelers het Nieu-Seeland in ‘n ongemaklike posisie geplaas voor die beslissende wedstryd. Suid-Afrika loop tans voor met 2-1 in die reeks van vier toetse. Hy sê die All Blacks het nie raad met die Springbokke se krag onder die voorspelers nie. Afskop is vanaand om 11-uur Suid-Afrikaanse tyd.