Skip to content

Rugby: Ambassadeur Meyer sê wedstryd tussen Springbokke en All Blacks dui op sport-diplomasie

# Rugby: Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Roelf Meyer, sê môre se toets tussen die Springbokke en die All Blacks in Baltimore vertoon sport-diplomasie op sy beste. Suid-Afrika loop 2-1 voor in Rugby’s Greatest Rivalry nadat hy die eerste wedstryd verloor het, wat die Bokke se ingesteldheid verskerp het, en hulle mik nou na ‘n oortuigende oorwinning oor Nieu-Seeland. Meyer sê die Bokke se teenwoordigheid het opwinding veroorsaak in Amerika, wat 2031 se Wêreldbekertoernooi gaan aanbied.