Nuus 18:00
BULLETIN 8 September 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering vorder met die vyfpunt-plan oor migrasie
# Die ANC dien ‘n lys van meer as nege-duisend verkiesingskandidate in
# En, RISE Mzansi is bekommerd oor 4 500 voetgangersterftes op snelweë
# Die Interministeriële Komitee sê die regering vorder met sy vyfpunt-plan oor migrasie. Dit sluit strenger wetstoepassing, verbeterde grensbeheer en die modernisering van immigrasiestelsels in. Meer as 350-duisend ondersoeke is reeds uitgevoer en meer as 86-duisend buitelandse burgers is verwerk vir deportasie of repatriasie. Die komitee se voorsitter, Mmamoloko Kubayi, het op ‘n nuuskonferensie gesê die regering en buurlande werk saam om grensbeheer te verbeter en migrasie te bestuur:
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die party het nege-duisend-128 kandidate oor die nege provinsies vir die plaaslike regeringsverkiesing ingedien. Hiervan is agt-duisend-947 kandidate by die Verkiesingskommissie geregistreer wat wyksetels en proporsionele setels verteenwoordig. Mbalula sê 181 kandidate het nie die finale elektroniese registrasiestap voltooi nie. Hy sê dit sluit 130 proporsionele en 51 wykskandidate in, wat ses rade in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat raak:
# RISE Mzansi is bekommerd oor die vier-duisend-500 voetgangersterftes wat die afgelope drie jaar op Suid-Afrika se snelweë aangeteken is. Woordvoerder, Makashule Gana, sê volgens die Departement van Vervoer het die N2 die hoogste sterftes aangeteken met een-duisend-500, gevolg deur die N1 met een-duisend-200, die N3 met een-duisend en die N4 met 800. Hy sê Suid-Afrika se padsterftesyfer van meer as 20 per 100-duisend mense is aansienlik hoër as die wêreldgemiddeld van vier tot vyf:
# Japan stuur dié naweek drie militêre helikopters en 180 personeellede na Indonesië om te help met die bestryding van reuseveldbrande. Helikopterspanne sal Saterdag begin met brandbestrydingswerk in Wes-Kalimantan. Indonesië worstel tans teen brande in ses provinsies op Sumatra en Borneo. Meer as 76-duisend hektaar het reeds gedurende die land se erg droë seisoen afgebrand en die rook versprei oor Suidoos-Asië. Indonesië het meer as 50 vliegtuie vir waterbomme en pogings om reënval te bevorder beskikbaar gestel, maar owerhede verwag brandbestrydingspogings sal die hele maand voortduur.
# Krieket: Pakistan pak Engeland met ‘n onervare span in die derde en laaste toets wat môre op Edgbaston begin. Die beheerliggaam het ingrypende veranderings aangebring na die vernederende nederlae in die eerste twee kragmetings. Afrigter Sarfaraz Ahmed en boul-afrigter Umar Gul is onderskeidelik vervang met die witbal-breiers Mike Hesson en Ashley Noffke, terwyl sewe spelers huis toe gestuur en vervang is met vyf sonder enige toetsondervinding, asook nog twee. Hesson, van Nieu-Seeland, wil ‘n gebalanseerde groep saamstel met veelsydigheid in hulle aanvalstrategie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-1-sent teen die dollar, 18-rand-60-sent teen die euro en 21-rand-69-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-282-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-399-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 100-dollar-7-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….