# ‘n Multidissiplinêre klopjag om honderde ongedokumenteerde buitelandse burgers in KwaSithebe, noord van KwaZulu-Natal vas te trek, het niks opgelewer nie. Amptenare van die provinsiale regering, die polisie en ander staatsinstellings het vanoggend ‘n klopjag op fabrieke in Mandeni uitgevoer ná inligting dat honderde ongedokumenteerde buitelandse burgers onwettig daar in diens is. Geen ongedokumenteerde werkers is egter aangetref nie. Werkers beweer die klopjag het gisteraand uitgelek nadat fabriekseienaars glo vooraf gewaarsku is. Werknemers is glo aangesê om nie werk toe te kom nie. Die KwaZulu-Natalse regering sê hy hou die gebied steeds dop.
Uitgelekte inligting ontspoor klopjag op ongedokumenteerde werkers in KZN