Skip to content

Dis nog onduidelik wanneer watervoorsiening na Beaufort-Wes herstel sal word

# Die Beaufort-Wes-munisipaliteit in die Wes-Kaap sê dit bly onduidelik wanneer watervoorsiening ten volle herstel sal wees nadat kitsvloede verlede week die hoofpypleiding beskadig het. Watertenkwaens van naburige munisipaliteite help intussen inwoners wat geraak word, terwyl ‘n gesamentlike bedryfsentrum noodreaksie bestuur. Die waarnemende munisipale bestuurder, Frans Sabbat, sê die pypleiding is steeds onder water, wat spanne verhoed om die skade te bepaal. Hy sê amptenare sal eers die omvang van die herstelwerk kan vasstel wanneer toegang tot die pypleiding herstel is.