# Die Gautengse Wetgewer se Gemeenskapsveiligheidskomitee het ernstige kommer uitgespreek oor die toename in misdaad in Honeydew, wat as die provinsie se swakste polisiestasie aangewys is. Moord het met elf-persent toegeneem, seksuele oortredings met 22-persent en aanranding met die doel om ernstig te beseer met 26-persent. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê bendegeweld vererger onsekerheid. Hy sê die komitee sal ‘n Gemeenskapsveiligheids-Imbizo byeenroep om dringende ingryping te ontwikkel en aksie te eis:
Honeydew se misdaadgolf vereis dringende veiligheidsreaksie [KLANK]
ENG-MasukuOnHoneydew