# Johannesburg se Noodbestuursdienste vra inwoners om waaksaam te bly te midde van donderstorms, swaar reën, sterk wind en hael wat oor dele van die stad verwag word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n Vlak Twee-waarskuwing uitgereik vir erge donderstorms wat die hele naweek sal voortduur. Nooddienste-woordvoerder Kagiso Phasha maan motoriste om stadiger te ry, veilige volgafstande te handhaaf en oorstroomde paaie te vermy. Hy vra ook voetgangers om weg te bly van oorstroomde gebiede en vinnig vloeiende water:
Johannesburg nooddienste gereed vir verwagte hewige storms [KLANK]
ENG-PhashaOnWeather