# Minstens 37 mense is dood weens giftige dampe terwyl hulle na bewering petrol uit ‘n pyplyn in Nigerië se Rivers-staat gesteel het. ‘n Omgewingsgroep het aan die BBC gesê baie word steeds vermis nadat meer as 100 mense in bootjies op die Okari-pier in Okrika toegesak het om die brandstof in die donker te steel. ‘n Polisieondersoek na die voorval is aan die gang. Van die mense het in die Bonny-rivier geval terwyl ander wat na hospitale afgevoer is. Diefstal uit pyplyne is al dekades lank ‘n probleem in Nigerië se oliegebiede.
Minstens 37 dood weens giftige dampe tydens beweerde petroldiefstal in Nigerië