Skip to content

Russiese hommeltuig tref Oekraïne se veiligheidsdienshoofkwartier in Kiëf

# ‘n Russiese hommeltuig het gister die hoofkwartier van Oekraïne se SBU-veligheidsdiens in Kiëf getref, een van die mees prominente teikens sedert Rusland sy lugaanvalle op Oekraïne verskerp het. Minstens 12 mense is in die aanval beseer. Dit kom te midde van twee Amerikaanse vredesonderhandelaars se beplande besoek môre aan Kiëf. President Volodymyr Zelensky het Rusland intussen gevra om sy lugaanvalle op Oekraïne tydens die besoek te staak. Hy sê Kiëf sal die veiligheid van die Russiese lugruim vir hul reis na Moskou waarborg.