Skip to content

Krieket: Proteas klop Namibië met 11 lopies vir plek in eindstryd van T20- driehoekige reeks

# Krieket: Die Proteas het Namibië gister in Windhoek met 11 lopies geklop en daarmee hul plek in die eindstryd van die T20- driehoekige reeks verseker. Suid-Afrika het 228 vir vier aangeteken, met Lhuan-dré Pretorius wat sy eerste T20 Internasionale honderdtal bereik het met 101 lopies van 53 balle. Connor Esterhuizen het ook beïndruk met 88 van 40 aflewerings. Namibië het sterk teruggeveg maar is beperk tot 217 vir drie. Die oorwinning is Suid-Afrika se eerste oor Namibië in internasionale krieket. Die Proteas pak Zimbabwe in Sondag se eindstryd.